
|
Terme en
voorwaardes |
- Die prys, twee ekonomiese klas-vliegkaartjies van die land waar die wenner tans woon na Suid Afrika en weer terug, is net van toepassing op die wenner en sy/haar gekose metgesel.
- Die wenner en sy/haar familie in Suid-Afrika moet hulself beskikbaar stel vir die verfilming en dokumentering van die reis tussen 13 en 23 Desember 2009.
- Die wenner en sy/haar familie/vriende in Suid-Afrika aanvaar dat die regte vir enige promosie- en publisiteitmateriaal (vir televisie, radio, gedrukte en aanlynmedia) uitsluitlik die eiendom van KuduClub en sy vennote (ATKV, Rapport, kykNET, Jukebox en OFM) is.
- KuduClub en sy vermelde vennote aanvaar geen verantwoordelik vir enige verliese en/of beserings wat die wenner en/of sy/haar familie gedurende die promosie mag lei nie. Die wenner is verantwoordelik vir sy/haar reisversekering en geen eise voortspruitend uit die reis na/van Suid-Afrika sal teen enige van bogenoemde partye ingestel kan word nie.
- Die beslissing van die beoordelaars is finaal. Ná die inskrywings gesluit het, sal die name van die deelnemers aan die kompetisie bekend gemaak word en sal die publiek die geleentheid kry om vir hul gunstelingdeelnemer te stem. In oorleg met die stemming van die publiek sal die beoordelaars ná deeglike oorweging die finale wenner aankondig. Geen korrespondensie sal oor die finale besluit van die beoordelaars gevoer word nie.
- Die wenner en sy/haar familie onderneem en stem in om persoonlike inligting beskikbaar te stel vir promosie- en publisiteitsdoeleindes vir gebruik van die organiseerder en al sy vennote.
- Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
- Persoonlike inligting wat met die inskrywingsproses ingesamel word kan deur die organiseerder en sy vennote aangewend word vir bemarkingsdoeleindes.
- Werknemers van die organiseerder en sy vennote en hul direkte familielede mag nie aan die kompetisie deelneem nie.
|
| |
|