| Ben Viljoen se hofsaak is stadig maar seker besig om teen hom te draai. Die ondersoek na Karien de Kock se dood wys al hoe duideliker dat sy haar dood sien aankom het, dat Loek Visser dalk betrokke is, dat Swannie se lewe ook in gevaar is omdat hy miskien te veel van haar sake geweet het – en dat iemand anders dalk ‘n volgende slagoffer kan wees. |