| Claudius bespreek vir Geraldina, Cy en Dagger plek in die Lord Charles Hotel. Dinge loop egter skeef vir Greta wanneer Meisner, ‘n man uit Geraldina se verlede, haar herken en konfronteer. Dak en Cyril red haar uit die situasie, maar hulle moet vlug vir hulle lewe. Vir Brewis wag daar ‘n verrassing wanneer hy vir Geraldina in die hotel gaan opsoek. |